013 7533187 / 060 497 2512

Annatjie Smith

Annatjie Smith

Kantoorbestuurder / Office Manager

Contacts

013 - 7533187 / 8
as@csprok.co.za
Annatjie Smith is gebore op 14 Augustus 1954.
Sy matrikuleer aan die Hoërskool Brits in 1972 en behaal die BA graad in  Kommunikasiekunde aan die Randse Afrikaanse Universiteit in 1975. In 1976 word sy aangestel as sekretaresse in die ministerie van Inligting van dr Connie Mulder en later in die ministerie van Openbare Werke van dr AP Treurnicht waar sy ook waarneem as privaat sekretaresse.
Sy kwalifiseer as eiendomsagent in 1981 en bedryf haar eie eiendomsagentskap tot 1989 waarna sy saam met haar man met wie sy in 1976 getroud is, na Nelspruit verhuis. Sedertdien is Annatjie die firma se finansiële bestuurder.
Annatjie is ‘n junior Springbok gimnas en het in 1969 deelgeneem aan die Internasionale Gimnastrada in Switzerland. Sy behartig tans die firma se finansies asook die beplanning en organisasie van die landswye seminare wat die firma oor uitsettings, huureise en die Wet op Verbruikersbeskerming aanbied. Sy is getroud met Christo het hulle het drie seuns.