013 7533187 / 060 497 2512

Sarie Pieterse

Sarie Pieterse

Collections & Divorces

Contacts

013 - 7533187 / 8
lit@csprok.co.za
Sarie Pieterse is gebore op 23 Mei 1968 te Boksburg. Sy matrikuleer aan die Trompsburg Sekondere Skool in 1985 en sluit aan by die voormalige Trust Bank in Bloemfontein.
In 1991 aanvaar Sarie ‘n aanstelling as sekretaresse in ‘n prokureursfirma in Bloemfontein waar sy waardevolle en uitgebreide litigasie ondervinding opdoen oor etlike jare. Sy sluit in Augustus 2015 aan by Christo Smith Prokureurs waar sy aan die hoof staan van die invorderingsafdeling en onbestrede egskeidings. Sarie het ‘n besondere vermoë om partye wat die trauma van egskeidings in die gesig staar, by te staan. Sy hou ook van tuinmaak, lees en om tyd saam met haar kinders te spandeer.