Cicke Els
Seminare en Aktebesorging / Seminars & Conveyancing
Contacts
013 - 7533187 / 8
admin@csprok.co.za
Cicke Els is gebore in 1992 en voltooi haar skoolloopbaan aan die Goudrif Hoërskool aan die Oos-Rand.
Cicke is ‘n ritmies-artistiese gimnas en het aan die SA kampioenskappe deelgeneem waar sy die tweede plek behaal. Sy sluit in September 2012 by die firma. Sy hanteer tans die firma se aktes, seminare en algemene litigasie. Sy is ook gemoeid met eiendoms-administrasie. Cicke verseker dat transporte deurgevoer word in die kortste moontlike tyd en maak gebruik van moderne rekenaar sagteware wat kommunikasie met eiendomsagente en al die partye op ‘n daaglikse basis verseker. Sy is ook ‘n kranige netbalspeler. Cicke en Jannie is die ouers van ‘n pragtige dogtertjie Leané.