013 7533187 / 060 497 2512

Christo Smith Law Blog

Suid-Afrika op die gladde glybaan na anargie

As jy ooit gewonder het of die ANC die mag vreedsaam sal afgee na ‘n nederlaag by die stembus, hier is die antwoord. Die volgende is ‘n uittreksel uit  Legal Brief (wat gepubliseer word deur die Law Society of SA en Juta) van 12 February 2021 en die inhoud is so skokkend dat mens nie die erns daarvan kan oorbeklemtoon nie. Die artikel handel basies oor die oorlog wat ene Carl Niehaus en sy bose kwasi-militante broers in die ANC beplan. Waarom hulle nog mag bestaan terwyl die Kommandos wat landelike veiligheid verseker het, geabandoneer is, weet nugter, maar dit is ‘n gesprek vir ‘n ander dag. Hier is die ontstellende dreigement van burger-oorlog:

“Not only has Zuma confirmed he won’t be at the commission on Monday, he will be protected from any who seeks to arrest him. This was the message from uMkhonto weSizwe Military Veterans Association (MKMVA) spokesperson Carl Niehaus after a lengthy meeting with Zuma at Nkandla yesterday (Thursday). A ‘platoon’ of military veterans will maintain a ‘constant presence’ outside former President Jacob Zuma’s Nkandla homestead to ‘protect him’, Niehaus is quoted as saying in a TimesLIVE report. Niehaus said the meeting, which lasted more than seven hours, ‘went very well’. He said there was an in-depth discussion on the ‘current state of affairs in SA’, and they spoke ‘in detail’ about Zuma’s defiance of a Constitutional Court order compelling him to appear at the state capture commission. ‘In the meeting, he reiterated that he definitely will not go to the commission,’ said Niehaus. It was a decision, he said, the MKMVA ‘fully supported’. Niehaus added that the military vets were ‘fundamentally opposed to any warrant of arrest and for him to be arrested’. ‘We’ll do everything within our means and protect him, and prevent him from being arrested. A platoon of MKMVA soldiers were at Nkandla when we arrived and they formed a guard of honour. The intention is for them to stay there, and from time-to-time to change platoons. But there will be a constant presence to protect President Zuma,’ said Niehaus. The MKMVA spokesperson confirmed that they snubbed President Cyril Ramaphosa’s State of the Nation Address, even though it started at the time that they were still at the Nkandla homestead. He said the meeting ‘wasn’t concluded’ when Sona started at 7pm.”

Ongelooflik. Die ANC stuur hiermee ‘n duidelike boodskap aan die land : Ons sal ons rampokker leiers beskerm, kom wat wil. Diefstal en korrupsie ten spyt. Patetiese en soms geen dienslewering, ten spyt. Misdaad in enige vorm, ten spyt. Ons sal hulle ondersteun want ons is die plunderaars van die land. Dit is ons land en ons het die mag. Ons sal teen enige prys vernietig en vat. Viva die skelms!

Die voormalige Konstitusionele Hof Regter van der Westhuizen mag van mening wees dat dit nie ‘n konstitusionele krisis is nie, maar dit is ‘n krisis. ‘n Grote.

En, dit is ‘n duidelike waarskuwing aan alle wetsgehoorsame burgers wat die oppergesag van die reg erken : hierdie land het nie meer ‘n normale regering nie. Ons is in die hande van rampokkers. Word wakker!

 

Suid-Afrika op die gladde glybaan na anargie